作词 : Neil Joseph William Sandilands
作曲 : Neil Joseph William Sandilands
Daar’s geen rus vir my vanaand nie
Selfs die brakke het gaan lê
Daar’s geen tsotsi’s in die straat nie
Wat wil Vuiljas vir my sê?
Jy moet lekker oor die land wees
Daar’s koesisters en daar’s wyn
Ons huil nie voor mekaar nie
Al voel ons fokken klein
Sê vir die commies om te voetsek
Gee vir Koos nog bietjie wyn
Klap vir Julius met sy grootbek
Vir bietjie boeresamesyn
Diddelittlelittlelittlelittleleidei
Dittellittelditeldottieleidei
Daar’s geen rus vir my vanaand nie
En die internet is vrek
Geen lig skyn oor hierdie land nie
En my speeksel smaak soos duiwelsdrek
Jy moet lekker oor haar hand wees
Sy’s ‘n potskerf sy is fyn
Hoe kan ‘n man haar hart lees?
Die nag is nog lank en ek is klein
Vang vir haar ‘n rooiborsduif
Nee vang vir haar ‘n draak
Die filistyne sal ek doodslaan
As iemand aan haar raak
Hier oppie plaas moet ons saambly
Die-brak-die-vrou-die-kind-ek-en-jy
Hier saam moet ons ook nog kan lekkerkry
Hoe laat’s dit nou vra jy my?
Daar’s geen rus vir my vanaand nie
Die hiënas lag daarbuit
Die oordeel en die kruis
Van ou Calvyn die eggo luid
Jy moet lekker oor die wand wees
Hoe kry ‘n man vanag gelê
Grond is vrou en vrou is vlees
En my hand wil beide hê
Ek bid dat onskuld self my hand kom was
En saggies vir my sê
Dis jou land ek is jou vrou
En vanaand kom jy by my lê
Dittel dittel nou gaan ek doedoe
In Afrikaans
In UHURU
“Ditteldei” verleen van Anton Goosen se “Kruidjie-roer-my-nie”
Xhosa: *Msheli wami wandibuka uzondikhumbula mhla uphela’manda” - My love, look at me, you
will miss me when you don't have power.
作词 : Neil Joseph William Sandilands
作曲 : Neil Joseph William Sandilands
Daar’s geen rus vir my vanaand nie
Selfs die brakke het gaan lê
Daar’s geen tsotsi’s in die straat nie
Wat wil Vuiljas vir my sê?
Jy moet lekker oor die land wees
Daar’s koesisters en daar’s wyn
Ons huil nie voor mekaar nie
Al voel ons fokken klein
Sê vir die commies om te voetsek
Gee vir Koos nog bietjie wyn
Klap vir Julius met sy grootbek
Vir bietjie boeresamesyn
Diddelittlelittlelittlelittleleidei
Dittellittelditeldottieleidei
Daar’s geen rus vir my vanaand nie
En die internet is vrek
Geen lig skyn oor hierdie land nie
En my speeksel smaak soos duiwelsdrek
Jy moet lekker oor haar hand wees
Sy’s ‘n potskerf sy is fyn
Hoe kan ‘n man haar hart lees?
Die nag is nog lank en ek is klein
Vang vir haar ‘n rooiborsduif
Nee vang vir haar ‘n draak
Die filistyne sal ek doodslaan
As iemand aan haar raak
Hier oppie plaas moet ons saambly
Die-brak-die-vrou-die-kind-ek-en-jy
Hier saam moet ons ook nog kan lekkerkry
Hoe laat’s dit nou vra jy my?
Daar’s geen rus vir my vanaand nie
Die hiënas lag daarbuit
Die oordeel en die kruis
Van ou Calvyn die eggo luid
Jy moet lekker oor die wand wees
Hoe kry ‘n man vanag gelê
Grond is vrou en vrou is vlees
En my hand wil beide hê
Ek bid dat onskuld self my hand kom was
En saggies vir my sê
Dis jou land ek is jou vrou
En vanaand kom jy by my lê
Dittel dittel nou gaan ek doedoe
In Afrikaans
In UHURU
“Ditteldei” verleen van Anton Goosen se “Kruidjie-roer-my-nie”
Xhosa: *Msheli wami wandibuka uzondikhumbula mhla uphela’manda” - My love, look at me, you
will miss me when you don't have power.